Uruz - `n Afrikaanse Gedig oor die Uruz Ruin

Ga naar beneden

Uruz - `n Afrikaanse Gedig oor die Uruz Ruin

Bericht  Olrik op di 23 maa 2010, 13:32


Uruz

Woudspelonke bulk van Oerok (1)
oerorganiese voortbringmag
patrone en vorms van oorsprong (2)
Kosmiese saad en lewenskrag.

Erda swel op in die lente, (3)
besprinkel met Urda se heil; (4)
speerspeentyd van jongmanspiere (5)
elikser selfvormingskuil (6).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

Nota's

(1) Die Uruz ruin verteenwoordig die wilde beeste van die Europese
woude wat deur ons voorouers Oerok / Auroch / Táwros / Uru genoem is. Die
Oerok was bekend vir hul besondere krag, viriliteit en lang skerp
horings. Die Uruz ruin stel ideografies `n Oerokhoring voor. Van die
Uruz ruin kry ons die letter “U”. Oor `n tydperk van 22,000 jaar is
alle bestaande beesrasse vanaf hierdie wilde beesras geteel. Ongelukkig
is die wilde Oerok gedurende die 11de eeu uitgewis, en die laaste
Oerok is in 1627 in Poland geskiet.

(2) Uruz is die ongemanifesteerde gelaaide essens waaruit die Kosmiese
Ys en Oudoemla gevorm is. Uruz is die ongemanifesteerde patrone van
materie, in kontras met die antimaterie van Isa. Uruz stel die
oneindige bron van argetipiese patrone / oertipes voor.

(3) Uruz is die krag wat in die lente opbou.

(4) Uruz is die heelruin wat verbind is aan die Skikgodin Urda se
fontein. Uruz word gebruik om die helende waters van die lewe mee te
skep.

(5) In voor-christelike tye het die wyse ou mans van die stam die jong
seuns (wat deur puberteit gegaan het) in die woud afgesonder om in die
misteries van man-wees ingelyf te word. Gedurende hierdie
inisiasierites het die ou mans die jong mans geleer oor die algemene
dinge van `n man, onder andere hoe om `n eerbare kryger te wees, oor
broederlike liefde, oor seks, oor die verantwoordelikhede van `n man
teenoor sy vrou, familie en die samelewing, ensovoorts. Die lywe
van die jong mans is met simbole van die jagter en kryger geverf, en elk
van hulle moes in die woude ingaan en `n Oerok as teken van hul
manlikheid doodmaak. Die jong mans se liggame is met die Oerok se
bloed besprinkel en `n skottel bloed is as `n offer aan die Gode omhoog
gehou. Die Oerok se vleis is vir `n feesmaal gekook of gebraai tot eer
van: (i) die Oppergod Wodanaz, (ii) die Koning van die land, en (iii)
die seun wat `n man geword het. Van die Oerok se vel het die
geïnisieerde `n mantel en `n kombers gemaak, en van die horings twee
drinkhorings. Na deeglike isolasie en inisiasie het die jongmans na
hulle gemeenskap teruggekeer, waar hulle as volwaardige mans en krygers
van die stam verwelkom en vereer is.

(6) Die misterie van Self-formasie.







avatar
Olrik

Man Aantal berichten : 2
Leeftijd : 42
Woonplaats : Potchefstroom, Zuid-Afrika
Registration date : 22-03-10

Profiel bekijken

Terug naar boven Ga naar beneden

Terug naar boven


 
Permissies van dit forum:
Je mag geen reacties plaatsen in dit subforum