Fehu - `n Afrikaanse Gedig oor die Fehu Ruin

Ga naar beneden

Fehu - `n Afrikaanse Gedig oor die Fehu Ruin

Bericht  Olrik op di 23 maa 2010, 12:54



Fehu

Uit Muspel (1) drup Kosmiese Oervuur (2)
ontluikte geesdrif van ouds;
bloeiende wasem van Groot Gees
bevrug Oudoemla (3) uit Ys.

Vier dwerge omring deur Brisingamen (4)
die valk op vrye vlug (5);
Hamingja (6) se roede stort saad uit
vet horings wandel die lug (7).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Voetnota's:

(1) Muspell (Muspellsheimr): Ryk van Vuur in die Suide wat deur die reus Surt bewaak word.

(2) Urfeuer: die kreatiewe Oervuur wat in Muspell ontstaan het.
Dryfkrag agter die Skepping. Fehu simboliseer Ewige Wording, die rou
argetipiese energie van beweging en uitsetting. Die Urfeuer is beide
kreatiewe energie en die vernietiging vuur van Ragnarök. Die dinamiese
energie van die Self.

(3) Vuur vanuit Muspell (in die Suide) het binne die leemte Ginnungagap
met ys vanuit Niflheim (in die Noorde) vermeng en die Heilige Koei
Oudoemla (Audumla) uit die ys gevorm. Audumla is die Groot Moedergodin: vanuit
haar buik word alles gebore; haar spene voed en onderhou die ganse
Skepping; ná haar keer alles weer terug in die dood.

(4) Freyja se halssnoer Brisingamen wat van goud en barnsteen
(ambersteen) gemaak is. Simbool van vrugbaarheid en voorspoed. Fehu
word geassosieer met die Wane (Vanir): Niord, Frey en Freyja. Freyja
het saam met vier dwerge (die vier elemente Aarde, Lug, Vuur en Water)
geslaap om die halssnoer Brisingamen te bekom. Freyja simboliseer hier
die Gees (die 5de element) wat die vier natuurelemente (anorganiese
materie) penetreer en dit bevrug met lewe (organiese materie). Beide
Frey en Freyja is argetipes van vrugbaarheid, lewende hawe, en die
ontstaan van nuwe lewe in die lente.

(5) Die valk verwys na Freyja (Freya), die Groot Dame van Lewe en Dood.
Sy besit `n magiese voëlgewaad wat van valkvere gemaak is. Woorde soos
Vrijen, Vrij, Freude, Freiheit, Freien, Freund, Vryheid, Vrede, Vry,
Vreugde en Vrydag, hou almal verband met haar naam.

(6) Hamingja: elke mens se Beskermingswese en Intuitiewe Liggaam.
Hamingja is mobiele uitsettingsenergie wat geprojekteer, oorgedra of
herlei kan word van een persoon na `n ander, of van `n persoon na `n
objek. Fehu kan ook gebruik word om ander se energie mee te tem.

(7) Fehu beteken “Vee”. Beeste is mobiele rykdom (vet horings) wat
vrugbaarheid en voorspoed simboliseer. Fehu energie vloei uitwaarts
(migreer) en kan gebruik word om uiterlike rykdom mee te bekom. Fehu
trek die projeksie-energie van die Son, Maan en die Sterre na die
persoonlike sfeer aan, en maak die suksesvolle vloei van Hamingja
moontlik. Die Fehu ruin stel ideografies `n bees se kop met horings
voor. Van die Fehu ruin kry ons die letter “F”.


avatar
Olrik

Man Aantal berichten : 2
Leeftijd : 42
Woonplaats : Potchefstroom, Zuid-Afrika
Registration date : 22-03-10

Profiel bekijken

Terug naar boven Ga naar beneden

Terug naar boven


 
Permissies van dit forum:
Je mag geen reacties plaatsen in dit subforum